Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 16:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. “Kom ons hernu die verdrag tussen jou pa en my pa. Kyk, ek stuur vir jou ’n geskenk van silwer en goud. Breek jou verdrag met koning Baesa van Israel sodat hy my met rus kan laat.”

4. Ben-Hadad het ingestem tot koning Asa se versoek en Israel aangeval. Hulle het die dorpe Ijon, Dan, Abel-Majim en al die voorraadstede in Naftali verower.

5. Toe Baesa van Israel hoor wat aangaan, het hy afgesien van sy planne om Rama te versterk.

6. Koning Asa het die hele Juda aangesê om die boustene en timmerhout wat Baesa gebruik het om Rama te versterk, weg te dra. Asa het dit gebruik om die dorpe Geba en Mispa te bou.

7. In dié tyd het die siener Ganani na koning Asa van Juda gegaan en gesê: “Omdat jy op die koning van Aram vertrou het in plaas van op die Here jou God, het jy die kans verloor om die leër van die koning van Aram te verwoes.

8. Onthou jy dan nie wat gebeur het met die Kussiete en Libiërs en hulle groot leërmag met baie strydwaens en ruiters nie? Toe het jy op die Here vertrou en Hy het hulle aan jou oorgegee.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 16