Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 17:2-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Hy het gedoen wat vir die Here verkeerd was, maar dit was nie so erg soos die konings wat sy voorgangers in Israel was nie.

3. Toe koning Salmaneser van Assirië teen hom optrek, het koning Hosea hom aan die koning van Assirië onderwerp en jaarliks belasting aan hom betaal.

4. Maar Hosea het teen die koning van Assirië saamgesweer deur koning So van Egipte te vra vir hulp. Hy het ook geweier om die jaarlikse belasting aan die koning van Assirië te betaal. Daarom het koning Salmaneser vir Hosea gevang en in die tronk gesit.

5. Die koning van Assirië het die hele land binnegeval, Samaria aangeval en drie jaar lank beleër.

6. In die negende jaar van koning Hosea se bewind het die koning van Assirië Samaria ingeneem en die inwoners in ballingskap na Assirië toe weggevoer. Hulle is in kolonies in Galag, aan die Gaborrivier in Gosan, en in die stede van Medië hervestig.

7. Hierdie ramp het oor die Israeliete gekom omdat hulle ander gode vereer het. Sodoende het hulle gesondig teen die Here hulle God wat hulle uit Egipte bevry het uit die mag van Farao, die koning van Egipte. Hulle het ander gode gedien.

8. Hulle het geleef soos die ander nasies wat die Here uit die land verdryf het sodat die Israeliete daar kon woon. Hulle het ook opgetree volgens die gebruike wat die konings van Israel ingestel het.

9. Die Israeliete het verder in die geheim dinge gedoen wat teen die wil van die Here was. In elke plek waar hulle gewoon het, van wagtorings tot vestingstede, het hulle afgodshoogtes gebou.

10. Hulle het bo-op elke heuwel en onder elke groen boom klippilare opgerig wat gewy is aan Asjera.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 17