Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 17:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In die twaalfde jaar van koning Agas se bewind in Juda het Hosea seun van Ela koning geword oor Israel. Hy het nege jaar in Samaria regeer.

2. Hy het gedoen wat vir die Here verkeerd was, maar dit was nie so erg soos die konings wat sy voorgangers in Israel was nie.

3. Toe koning Salmaneser van Assirië teen hom optrek, het koning Hosea hom aan die koning van Assirië onderwerp en jaarliks belasting aan hom betaal.

4. Maar Hosea het teen die koning van Assirië saamgesweer deur koning So van Egipte te vra vir hulp. Hy het ook geweier om die jaarlikse belasting aan die koning van Assirië te betaal. Daarom het koning Salmaneser vir Hosea gevang en in die tronk gesit.

5. Die koning van Assirië het die hele land binnegeval, Samaria aangeval en drie jaar lank beleër.

6. In die negende jaar van koning Hosea se bewind het die koning van Assirië Samaria ingeneem en die inwoners in ballingskap na Assirië toe weggevoer. Hulle is in kolonies in Galag, aan die Gaborrivier in Gosan, en in die stede van Medië hervestig.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 17