Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 16:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Agas seun van Jotam het in die sewentiende jaar van koning Peka se bewind in Israel oor Juda koning geword.

2. Agas was twintig jaar oud toe hy koning geword het en het sestien jaar in Jerusalem regeer. Hy het nie gedoen wat vir die Here reg was soos sy voorvader Dawid nie.

3. In plaas daarvan het hy die voorbeeld van die konings van Israel gevolg en selfs sy seun as offer verbrand. Hy het die afskuwelike praktyke van die heidennasies wat die Here voor die Israeliete uit die land verdryf het, nagevolg.

4. Hy het op die hoogtes en heuwels, asook onder elke groen boom offers gebring en wierook gebrand.

5. Koning Resin van Aram en koning Peka seun van Remalja van Israel het teen Agas oorlog verklaar. Hulle het Jerusalem beleër, maar dit nie verower nie.

6. In daardie tyd het koning Resin van Aram die stad Elat vir Aram herower, die Judeërs daaruit verdryf en Arameërs gestuur om daar te woon. Dit is nog so tot vandag toe.

7. Koning Agas stuur toe boodskappers na Tiglat-Pileser van Assirië met die boodskap: “Ek is u onderdaan en u seun. Kom en red my uit die mag van die koning van Aram en die koning van Israel, want hulle val my aan.”

8. Agas vat toe die silwer en goud wat in die tempel van die Here en die paleis se skatkamers was en stuur dit as geskenk aan die Assiriese koning.

9. Die koning van Assirië het toe so gemaak en teen Damaskus, hoofstad van die Arameërs, opgetrek en dit ingeneem. Hy het die inwoners as gevangenes weggeneem en hulle in Kir hervestig. Hy het ook koning Resin doodgemaak.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 16