Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 16:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Agas seun van Jotam het in die sewentiende jaar van koning Peka se bewind in Israel oor Juda koning geword.

2. Agas was twintig jaar oud toe hy koning geword het en het sestien jaar in Jerusalem regeer. Hy het nie gedoen wat vir die Here reg was soos sy voorvader Dawid nie.

3. In plaas daarvan het hy die voorbeeld van die konings van Israel gevolg en selfs sy seun as offer verbrand. Hy het die afskuwelike praktyke van die heidennasies wat die Here voor die Israeliete uit die land verdryf het, nagevolg.

4. Hy het op die hoogtes en heuwels, asook onder elke groen boom offers gebring en wierook gebrand.

5. Koning Resin van Aram en koning Peka seun van Remalja van Israel het teen Agas oorlog verklaar. Hulle het Jerusalem beleër, maar dit nie verower nie.

6. In daardie tyd het koning Resin van Aram die stad Elat vir Aram herower, die Judeërs daaruit verdryf en Arameërs gestuur om daar te woon. Dit is nog so tot vandag toe.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 16