Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 5:5-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Dis hoekom die priesters van Dagon of enigeen wat by die tempel van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van die tempel van Dagon in Asdod trap nie.

6. Toe begin die Here die mense van Asdod en die omliggende dorpe met ’n plaag van swere tref.

7. Toe die Asdodiete besef wat gebeur, het hulle gesê: “Ons kan die ark van die God van Israel nie meer hier hou nie! Israel se God is teen ons en Hy sal ons en ons god Dagon swaar straf.”

8. Hulle roep toe die leiers van die vyf Filistynse stede bymekaar en vra hulle: “Wat moet ons doen met die ark van die God van Israel?”Die leiers het die saak bespreek en geantwoord: “Neem dit na die stad Gat.” Hulle neem toe die ark van die God van Israel na Gat toe.

9. Daar aangekom, het die Here weer die mense, oud en jonk, met ’n plaag getref. Daar het groot paniek geheers.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 5