Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 5:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Nadat die Filistyne die ark van God afgevat het, het hulle dit vanaf Eben-Haeser na die stad Asdod toe gedra.

2. Hulle het die ark van God na die tempel van Dagon geneem en dit langs die beeld van Dagon neergesit.

3. Toe die Asdodiete die volgende oggend daar kom, het die beeld van Dagon vooroor geval met sy gesig op die grond voor die ark van die Here! Hulle het die beeld weer regop getel.

4. Maar die volgende oggend het die beeld weereens omgeval gelê. Sy gesig was op die grond voor die ark van die Here. Hierdie keer het die kop en hande van die beeld afgebreek en op die drumpel gelê, met net die lyf wat oorgebly het.

5. Dis hoekom die priesters van Dagon of enigeen wat by die tempel van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van die tempel van Dagon in Asdod trap nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 5