Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 3:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Intussen het die seun Samuel die Here gedien onder Eli se toesig. In daardie tyd was boodskappe van die Here baie skaars en visioene was seldsaam.

2. Eli was toe al feitlik blind. Een nag terwyl hy nog slaap

3. en die lamp van God nog gebrand het en Samuel in die heiligdom van die Here by die ark van God gelê en slaap het,

4. het die Here geroep: “Samuel!”“Ek kom!” antwoord Samuel.

5. Hy spring op en hardloop na Eli toe. “Hier is ek. U het my geroep!”“Nee, ek het jou nie geroep nie,” antwoord Eli. “Gaan maar terug bed toe.” Hy maak toe so.

6. Die Here het hom weer geroep.Samuel het weer uit die bed gespring en na Eli toe hardloop. “Hier is ek,” sê hy. “U het my geroep.”“Ek het jou nie geroep nie, my seun,” sê Eli. “Gaan slaap maar weer.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 3