Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 27:8-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Dawid en sy manne het van tyd tot tyd strooptogte op verskillende groepe uitgevoer en die Gesureërs, die Geseriete en die Amalekiete aangeval. Hulle het nog altyd die gebied van Olam af op pad na Sur in die rigting van Egipte bewoon.

9. Dawid het niemand laat oorbly uit die dorpe wat hy aangeval het nie. Hy het hulle kleinvee, beeste, donkies, kamele en klere gebuit. Dan het hy teruggekeer en na Akis toe gegaan.

10. Wanneer Akis vra: “Waar het jy vandag ’n strooptog uitgevoer?” antwoord Dawid: “In die suidland van Juda,” of: “In die suidland van die Jeragmeëliete,” of: “In die suidland van die Keniete.”

11. Hy het niemand laat bly lewe wat na Gat toe kon kom en vertel waar hy regtig was nie. Dit het keer op keer gebeur terwyl hy tussen die Filistyne gewoon het.

12. Akis het Dawid vertrou en gedink: “Teen hierdie tyd is hy sekerlik in onguns by die Israeliete. Nou sal hy hier moet bly en vir altyd my onderdaan wees.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 27