Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:8-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Hy verhef die minderwaardige uit die stof,die behoeftige uit die ashoop!Hy behandel hulle soos prinseen laat hulle op ereplekke sit.“Die onwankelbaarheidvan die aardekom van die Here.Daarop het Hy die wêreld gebou.

9. Hy beskerm die getroues op hulle lewenspad,maar die goddelosesword in die graf stilgemaak.Dis nie deur eie krag dat ’n mens oorwin nie.

10. Hulle wat die Hereweerstaan, sal vernietig word.Uit die hemel sal Hy sy donderende stem teen hulle laat hoor.Die Here oordeel oor die hele aarde.Hy gee sterkte aan sy koning;en Hy gee krag aan sy gesalfde.”

11. Daarna het Elkana en Hanna sonder Samuel teruggegaan na Rama toe. Die seun het die Here onder toesig van die priester Eli gedien.

12. Die seuns van Eli was egter slegte mense sonder enige respek vir die Here.

13. Die gebruik van die priesters was dat wanneer iemand ’n offer bring, die dienaar van die priesters met ’n drietandvurk kom sodra die vleis kook

14. en dit in die pot of bak steek. Alles wat aan die vurk vassit, het die priesters dan vir hulle geneem. Dit was die gebruik vir al die Israeliete wat na Silo toe gekom het om te offer.

15. Maar die dienaar van Eli se seuns het gekom nog voordat die vet gebrand is, en het vir die man wat offer, gesê: “Gee vir die priester vleis om te braai! Hy sal nie gekookte vleis aanvaar nie, net rou vleis.”

16. As die een wat offer dan sê: “Vat soveel as wat jy wil hê, maar die vet moet eers gebrand word,” het die dienaar geantwoord: “Nee, gee dit nou vir my, anders vat ek dit met geweld.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2