Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:1-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe het Hanna gebid:“My hart is bly in die Here!Kyk hoe het die Heremy geseën!Nou kan ek my vyande antwoordterwyl ek my verblyoor u verlossing.

2. Niemand is heilig soos die Here nie!Niemand is U gelyke nie;daar is geen Rots soos ons God nie.

3. “Hou op om so hoogmoedigen trots te wees!Moenie met sulke verwaandheidpraat nie!Die Here is ’n God wat weet van al jou dade;Hy sal jou oordeel volgens wat jy gedoen het.

4. Hulle wat magtig was, is dit nie meer nie;en hulle wat swak was, is nou sterk.

5. Hulle wat goed geëet het, ly nou honger;en hulle wat honger was,is nou versadig.Die kinderlose vrouhet nou sewe kinders,maar die vrou met baie kinderskwyn weg.

6. Die Here laat doodgaan en laat lewe;Hy bring sommige na die graf,maar wek ander weer op.

7. Die Here maak een armen die ander ryk;Hy trek een afen lig ’n ander op.

8. Hy verhef die minderwaardige uit die stof,die behoeftige uit die ashoop!Hy behandel hulle soos prinseen laat hulle op ereplekke sit.“Die onwankelbaarheidvan die aardekom van die Here.Daarop het Hy die wêreld gebou.

9. Hy beskerm die getroues op hulle lewenspad,maar die goddelosesword in die graf stilgemaak.Dis nie deur eie krag dat ’n mens oorwin nie.

10. Hulle wat die Hereweerstaan, sal vernietig word.Uit die hemel sal Hy sy donderende stem teen hulle laat hoor.Die Here oordeel oor die hele aarde.Hy gee sterkte aan sy koning;en Hy gee krag aan sy gesalfde.”

11. Daarna het Elkana en Hanna sonder Samuel teruggegaan na Rama toe. Die seun het die Here onder toesig van die priester Eli gedien.

12. Die seuns van Eli was egter slegte mense sonder enige respek vir die Here.

13. Die gebruik van die priesters was dat wanneer iemand ’n offer bring, die dienaar van die priesters met ’n drietandvurk kom sodra die vleis kook

14. en dit in die pot of bak steek. Alles wat aan die vurk vassit, het die priesters dan vir hulle geneem. Dit was die gebruik vir al die Israeliete wat na Silo toe gekom het om te offer.

15. Maar die dienaar van Eli se seuns het gekom nog voordat die vet gebrand is, en het vir die man wat offer, gesê: “Gee vir die priester vleis om te braai! Hy sal nie gekookte vleis aanvaar nie, net rou vleis.”

16. As die een wat offer dan sê: “Vat soveel as wat jy wil hê, maar die vet moet eers gebrand word,” het die dienaar geantwoord: “Nee, gee dit nou vir my, anders vat ek dit met geweld.”

17. Die sondes van hierdie jong manne was vir die Here baie ernstig, want daarmee het hulle die offer van die Here met minagting behandel.

18. Samuel het egter die Here gedien. Hoewel hy nog maar ’n kind was, het hy ’n priesterlike linneskouerkleed gedra.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2