Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 11:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Koning Nagas van Ammon het met sy leër teen die Israelitiese stad Jabes-Gilead opgetrek. Maar die inwoners van Jabes het vir vrede gevra: “Maak ’n ooreenkoms met ons en ons sal u onderdanig wees,” het hulle gesê.

2. “Goed,” sê Nagas, “maar net op hierdie voorwaarde: dat ek die regteroog van elkeen van julle uitsteek tot die skande van almal in Israel!”

3. “Gee ons sewe dae om boodskappers deur die hele Israel te stuur!” antwoord die leiers van Jabes. “As niemand van ons bloedverwante tot ons redding kom nie, sal ons tot jou voorwaardes instem.”

4. Die boodskappers het by Gibea, Saul se tuisdorp, aangekom en vir die mense van die dreigende ramp vertel. Almal het in trane uitgebars.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 11