Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:30-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

30. Die seuns van Aser was Jimma, Jiswa, Jiswi en Beria. Serag was hulle suster.

31. Die seuns van Beria was Geber en Malkiël, wat die pa van Birsajit was.

32. Die seuns van Geber was Jaflet, Semer en Gotam. Sua was hulle suster.

33. Die seuns van Jaflet was Pasak, Bimhal en Aswat.

34. Die seuns van Semer was Agi, Roga, Gubba en Aram.

35. Die seuns van sy broer Gotam was Sofag, Jimna, Seles en Amal.

36. Die seuns van Sofag was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra,

37. Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra.

38. Die seuns van Jitran was Jefunne, Pispa en Ara.

39. Die seuns van Ulla was Arag, Ganniël en Risja.

40. Elkeen van hierdie afstammelinge van Aser was die leier van ’n familiegroep. Hulle was ook almal vaardige soldate en prominente leiers. Daar was 26 000 manne wat vir militêre diens beskikbaar was tussen hulle afstammelinge wat in die geslagsregister opgeteken is.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7