Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:12-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Die seuns van Ir was Suppim en Guppim. Gusim was die seun van Ager.

13. Die seuns van Naftali was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem. Hulle was afstammelinge van Bilha.

14. Die seuns van Manasse by sy Aramese byvrou was Asriël en Makir. Makir was die pa van Gilead.

15. Makir het vir Guppim en Suppim vroue gekry. Makir se suster se naam was Maäka. Een van sy afstammelinge was Selofgad, wat net dogters gehad het.

16. Makir se vrou Maäka het ’n seun gehad wat sy Peres genoem het. Sy broer se naam was Seres. Die seuns van Peres was Ulam en Rekem.

17. Die seun van Ulam was Bedan. Hulle is almal geag as Gileadiete, afstammelinge van Makir, die seun van Manasse.

18. Makir se suster Moleket het geboorte gegee aan Ishod, Abiëser en Magla.

19. Die seuns van Semida was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.

20. Die afstammelinge van Efraim was Sutelag, Bered, Tagat, Elada, Tagat,

21. Sabad en Sutelag. Efraim se seuns Eser en Elad het probeer om vee van die boere naby Gat te steel toe hulle doodgemaak is.

22. Hulle pa, Efraim, het baie lank oor hulle getreur, en sy familie het hom kom troos.

23. Daarna het Efraim by sy vrou geslaap, en sy het swanger geword en geboorte aan ’n seun gegee. Efraim het hom Beria genoem as gevolg van die tragedie wat die familie getref het.

24. Efraim het ’n dogter gehad met die naam Seëra. Sy het Bet-Goron-Onder en Bet-Goron-Bo gebou, en Ussen-Seëra.

25. Efraim se geslagslyn was Refag, Resef, Telag, Tagan,

26. Ladan, Ammihud, Elisama,

27. Nun en Josua.

28. Die afstammelinge van Efraim het in die grondgebied gebly wat Bet-El met sy omliggende dorpies na die suide ingesluit het: Naära na die ooste, Geser met sy omliggende dorpies na die weste, en Sigem met sy omliggende dorpies na die noorde tot so ver as Aja met sy dorpies.

29. Langs die grens van Manasse was die stede van Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, almal met hulle omliggende dorpies. Die afstammelinge van Josef, die seun van Israel, het hier gewoon.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7