Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die vier seuns van Issaskar was Tola, Puwwa, Jasub en Simron.

2. Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Elkeen van hulle was ’n leier van hulle familie. Teen die tyd van koning Dawid was 22 600 manne vir militêre diens beskikbaar uit dié families.

3. Die seun van Ussi was Seragja. Die seuns van Seragja was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Hierdie vyf het die leiers van families geword.

4. Tussen hulle afstammelinge was 36 000 beskikbaar vir militêre diens, want al vyf van hulle het baie vroue en kinders gehad.

5. Die totale aantal manne wat beskikbaar was vir militêre diens van al die families van Issaskar was 87 000.

6. Drie van Benjamin se seuns was Bela, Beker en Jediael.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7