Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 5:18-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Daar was 44 760 vaardige soldate in die leër van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse. Hulle was almal vaardig en ervare in die oorlog, gewapen met skild, swaard en boog.

19. Hulle het oorlog teen die Hagareërs, Jeturiete, Nafiete en Nodabiete gemaak.

20. Hulle het na God geroep tydens die geveg, en Hy het hulle gebed verhoor omdat hulle op Hom vertrou het. So is die Hagareërs en al hulle bondgenote verslaan.

21. Die buit wat hulle by die Hagareërs afgevat het, het 50 000 kamele, 250 000 skape, 2 000 donkies en 100 000 gevangenes ingesluit.

22. Baie van die Hagareërs is in die oorlog doodgemaak omdat God teen hulle baklei het. Hulle het in hulle land gebly totdat hulle in ballingskap weggevoer is.

23. Die halwe stam van Manasse het in die land gewoon vanaf Basan tot by Baäl-Hermon, Senir en Hermonberg. Hulle was baie mense.

24. Die leiers van hulle families was: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Elkeen van hierdie manne het ’n groot reputasie gehad as dapper soldaat en leier.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 5