Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 5:9-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. My arbeiders sal die stompe van die Libanonberge na die see toe bring en dit in vlotte aanmekaarbind. Ons sal hulle dan al seelangs laat dryf tot by die plek wat u verkies. Ons sal daar die vlotte opbreek en die hout aan u oorhandig. U kan my dan betaal deur my met die kos te voorsien wat ek vir my huishouding nodig het.”

10. Op dié manier het Hiram vir Salomo soveel seder- en sipreshout verskaf soos wat hy nodig gehad het.

11. Salomo het jaarliks vir Hiram se hofhouding 3 300 ton koring en 4 400 liter suiwer olyfolie voorsien.

12. Die Here het aan Salomo wysheid gegee soos Hy belowe het. Daar was ’n goeie verhouding tussen Hiram en Salomo. Hulle het ook ’n vredesverdrag gesluit.

13. Koning Salomo het dwangarbeid in Israel ingestel. Daar was altesaam 30 000 dwangarbeiders.

14. Hy het hulle in skofte na die Libanon toe gestuur. Groepe van 10 000 het om die beurt vir ’n maand daar gewerk en dan vir twee maande huis toe gekom. Adoniram was in beheer van die dwangarbeid.

15. Salomo het ook 70 000 draers en 80 000 klipkappers in die berge gehad.

16. Hy het verder 3 300 opsigters aangestel wat oor die arbeiders moes toesig hou.

17. Die koning het beveel dat die klipkappers groot blokke van goeie gehalte klip moes uitkap sodat die fondament vir die tempel van gekapte klip kon wees.

18. Mense uit Gebal het saam met Salomo en Hiram se werkers die hout en die klippe vir die bou van die tempel voorberei.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 5