Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:5-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Mag God, wat die bron is van standvastigheid en bemoediging, julle help om in volkome harmonie met mekaar te lewe – elkeen met die gesindheid van Christus teenoor julle medegelowiges.

6. Dan sal julle almal in ’n wonderlike eenheid van gees en uit een mond die lof toebring aan God, die Vader van Jesus Christus ons Here.

7. Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het. So sal julle God verheerlik.

8. Dink daaraan dat Christus vir die Jode ’n dienskneg geword het om te bewys dat God getrou bly aan die beloftes wat Hy aan hulle voorouers gemaak het.

9. Hy het ook gekom sodat die nie-Joodse nasies God kan verheerlik op grond van sy ontferming teenoor hulle. Dit is soos die Skrif sê:“Ek sal U loof onder die nie-Joodse nasies,ek sal tot eer van u Naam’n lofpsalm sing.”

10. Op ’n ander plek staan:“Juig, nie-Joodse nasies,tesame met die Here se volk.”

11. En weer:“Prys die Here, alle nie-Joodse nasies!Loof Hom, alle volke!”

12. En Jesaja sê op sy beurt:“Die erfgenaam van Dawid se troonsal na vore komen Hy sal die heerskappy oor die nie-Joodse nasies oorneem.Op Hóm sal die nie-Joodse nasieshulle hoop vestig.”

13. Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees.

Lees volledige hoofstuk Romeine 15