Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 2:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Skryf aan die voorganger van die gemeente in Efese: Só sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand vashou en wat tussen die sewe kandelare rondstap:

2. Ek ken jou handel en wandel. Ek het ook jou harde werk en volharding raakgesien, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie. Jy het ook navraag gedoen oor dié wat sê dat hulle apostels is, maar dit nie is nie. Jy het toe uitgevind dat hulle eintlik leuenaars is.

3. Verder volhard jy en het jy ter wille van My baie verdra sonder om moeg te word.

4. Maar Ek het hierdie klag teen jou: dat jy jou eerste liefde versaak het.

5. Dink terug aan hoe ver jy uitgesak het en kom tot inkeer, en doen weer wat jy aan die heel begin gedoen het. Anders kom Ek na jou toe en sal Ek jou kandelaar van sy staanplek af verwyder, as jy nie tot inkeer kom nie.

6. Maar daar is tog iets wat jy bly handhaaf het: Jy haat wat die Nikolaïete doen, net soos Ek dit ook haat.

7. Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê.Elkeen wat aanhou oorwin, sal Ek laat eet van die boom van die lewe wat in die paradys van God staan.

8. Skryf aan die voorganger van die gemeente in Smirna: Só sê Hy wat die Eerste en die Laaste is, wat dood was, en weer lewe:

Lees volledige hoofstuk Openbaring 2