Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 16:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek het toe uit die rigting van die tempel ’n kragtige stem vir die sewe engele hoor sê: “Gaan nou, en gooi die sewe bakke, vol van God se toorn, op die aarde uit!”

2. Toe het die eerste engel gegaan en sy bak op die aarde uitgegooi. Daar het toe kwaadaardige en bose sere op dié mense ontstaan wat die merk van die monster dra en sy standbeeld aanbid het.

3. Die tweede engel het sy bak op die see uitgegooi. Dit het bloed geword soos dié van ’n lyk, en elke lewende organisme wat in die see is, het doodgegaan.

4. Die derde engel het sy bak op die riviere en waterfonteine uitgegooi. Ook dit het bloed geword.

5. Toe het ek die engel wat gesag oor die waters voer, hoor sê:“U is regverdig,U wat is en wat was,U, die Heilige,omdat U oor hierdie dinge u straf voltrek het;

6. want hulle het die bloedvan dié wat aan U toegewy isen van die profete vergiet,en U het nou ook aan húllebloed gegee om te drink.Hulle verdien dit.”

7. Ek het toe vanuit die rigting van die altaar iemand hoor sê:“Ja, Here God, die Almagtige,betroubaar en regverdigis u oordele.”

8. Die vierde engel het toe sy bak op die son uitgegooi. Die son is in staat gestel om die mense met vuur te skroei.

9. Die mense is deur ’n hewige gloed geskroei en hulle het die Naam van God gevloek wat mag het oor hierdie plae. Hulle het egter nie tot inkeer gekom en aan Hom eer betoon nie.

10. Die vyfde engel het sy bak op die troon van die monster uitgegooi, en sy koninkryk is in duisternis gedompel. Die mense het hulle tonge begin byt van die pyn

Lees volledige hoofstuk Openbaring 16