Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 9:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vra toe: “Waarom dink julle sulke slegte dinge in julle harte?

5. Want wat is makliker – om te sê: ‘Jou sondes word vergewe,’ of: ‘Staan op en loop’?

6. Ek gaan nou vir julle bewys dat Ek, die Seun van die Mens, die gesag het om op aarde sondes te vergewe.” Daarna sê Hy vir die verlamde man: “Staan op, vat jou slaapmat en gaan huis toe.”

7. Hy het opgestaan en huis toe gegaan.

8. Toe die skare dit sien, het ’n eerbiedige vrees oor hulle gekom en hulle het God geprys omdat Hy aan ’n méns soveel gesag gegee het.

9. Toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man met die naam Matteus by die tolhokkie sit. Hy sê toe vir hom: “Kom! Word my dissipel!” Matteus het opgestaan en Jesus se dissipel geword.

Lees volledige hoofstuk Matteus 9