Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 9:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Jesus het in ’n skuit geklim en oor die see teruggevaar. En Hy het in sy tuisdorp aangekom.

2. Hulle bring toe vir Hom ’n verlamde man wat bedlêend was. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Jongman, skep moed! Jou sondes word jou vergewe.”

3. Party van die skrifkenners dink toe by hulleself: “Dit is absolute laster!”

4. Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vra toe: “Waarom dink julle sulke slegte dinge in julle harte?

5. Want wat is makliker – om te sê: ‘Jou sondes word vergewe,’ of: ‘Staan op en loop’?

6. Ek gaan nou vir julle bewys dat Ek, die Seun van die Mens, die gesag het om op aarde sondes te vergewe.” Daarna sê Hy vir die verlamde man: “Staan op, vat jou slaapmat en gaan huis toe.”

7. Hy het opgestaan en huis toe gegaan.

8. Toe die skare dit sien, het ’n eerbiedige vrees oor hulle gekom en hulle het God geprys omdat Hy aan ’n méns soveel gesag gegee het.

Lees volledige hoofstuk Matteus 9