Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:1-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Daarop het die Gees Jesus die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word.

2. Nadat Hy vir 40 dae en 40 nagte gevas het, het Hy naderhand baie honger begin word.

3. Toe kom die versoeker na Hom toe en sê vir Hom: “As jy dan die Seun van God is, beveel hierdie klippe om brode te word.”

4. Maar Jesus het hom geantwoord: “Nee! Daar staan in die Skrif geskryf:‘’n Mens het meer as brood nodigom van te lewe.Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond.’”

5. Daarna neem die duiwel Hom Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste spits van die tempel staan.

6. Toe sê hy vir Hom: “As jy regtig die Seun van God is, spring dan hier af. Daar staan mos in die Skrif geskryf:‘God sal aan sy engele opdrag geeom jou te beskerm.En hulle sal jou op die hande drasodat jy nie dalk jou voet teen ’n klip stamp nie.’”

7. Jesus het hom geantwoord: “Daar staan ook geskrywe: ‘Jy mag die Here jou God nie versoek nie.En Hom alleen moet jy dien.’”

8. Vervolgens neem die duiwel Hom na die top van ’n baie hoë berg en wys vir Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en praal.

9. Daarop sê hy vir Jesus: “Dit alles sal ek vir jou gee. Al wat jy moet doen, is om neer te kniel en my te aanbid.”

10. Toe sê Jesus vir hom: “Trap, Satan! Daar staan in die Skrif: ‘Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen dien.’”

11. Daarna het die duiwel die aftog geblaas. En daar het engele na Hom toe gekom en Hom versorg.

12. Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes gearresteer het, het Hy Judea verlaat en na Galilea teruggekeer.

13. Hy het uit Nasaret weggetrek en gaan woon in Kapernaum aan die See van Galilea, in die gebied van Sebulon en Naftali.

14. So is die woord van die profeet Jesaja vervul:

15. “Die land van Sebulon en die land van Naftalilangs die See van Galilea en die Transjordaan:Galilea waar so baie nie-Jode woon –

16. die volk wat in die donker sit,het ’n helder lig gesien.En vir dié in die skemerlandvan die dood –vir hulle het ’n lig opgegaan.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 4