Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 1:7-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Salomo die pa van Rehabeam,Rehabeam die pa van Abia,Abia die pa van Asa,

8. Asa die pa van Josafat,Josafat die pa van Joram,Joram die pa van Ussia,

9. Ussia die pa van Jotam,Jotam die pa van Agas,Agas die pa van Hiskia,

10. Hiskia die pa van Manasse,Manasse die pa van Amon,Amon die pa van Josia,

11. Josia die pa van Jojagin en sy broers.Teen hierdie tyd het die Babiloniese ballingskap begin.

12. Tydens die Babiloniese ballingskap het Jojagin die pa geword van Sealtiël.Sealtiël was die pa van Serubbabel,

13. Serubbabel die pa van Abihud,Abihud die pa van Eljakim,Eljakim die pa van Asor,

14. Asor die pa van Sadok,Sadok die pa van Agim,Agim die pa van Elihud,

15. Elihud die pa van Eleasar,Eleasar die pa van Mattan,Mattan die pa van Jakob.

16. Jakob was die pa van Josef, die man van Maria.Sy was die ma van Jesus, wat die Messias genoem word.

17. Daar was dus altesaam veertien geslagte van Abraham tot by Dawid; veertien van Dawid tot by die Babiloniese ballingskap; en veertien van die Babiloniese ballingskap tot by Jesus die Messias.

18. Dit is hoe Jesus Christus gebore is: Maria, sy ma, was verloof aan Josef. Nog voor hulle getroud is en hulle intiem verkeer het, het dit geblyk dat sy verwagtend was deur die Heilige Gees.

19. Josef, haar verloofde, was in ’n dilemma. Aan die een kant was hy ’n wetsgehoorsame man; aan die ander kant wou hy haar die openbare skande spaar. Daarom het hy hom voorgeneem om die verlowing privaat te verbreek.

20. Met hierdie dinge in gedagte het hy aan die slaap geraak. Daarop verskyn ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: “Moenie huiwer om voort te gaan met jou huwelik met Maria nie. Die Kindjie wat sy dra, is verwek deur die Heilige Gees.

21. Sy sal aan ’n Seun geboorte gee, en jy moet Hom Jesus noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes red.”

22. Dit alles het gebeur om die Here se boodskap deur die profeet te laat uitkom:

23. “Die maagd sal swanger word! Sy sal aan ’n Seun geboorte gee. En die mense sal Hom Immanuel noem.”(Hierdie naam beteken: God is by ons.)

24. Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het. Hy het Maria as sy vrou by hom in die huis geneem,

25. maar hy het nie intiem met haar verkeer totdat haar Seun gebore is nie. En hy het Hom Jesus genoem.

Lees volledige hoofstuk Matteus 1