Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 4:17-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Die boekrol wat Jesaja die profeet bevat, is aan Hom gegee en Hy het dit oopgerol tot by die plek waar dit sê:

18. “Die Gees van die Here is op Myomdat Hy My aangestel het om die Goeie Nuusvir die armes aan te kondig.Hy het My gestuur om aan te kondigdat gevangenes vrygelaat sal word,dat blindes sal sien,dat onderdruktes bevry sal wordvan hulle verdrukkers,

19. en dat die tyd van die Herese goedheid gekom het.”

20. Hy het die boekrol opgerol, dit aan die amptenaar teruggegee en gaan sit. Almal in die sinagoge het stip na Hom gekyk.

21. Toe sê Hy: “Hierdie Skrif is vandag bewaarheid onderwyl julle daarna geluister het!”

22. Almal wat daar was, het goed van Hom gepraat en was verwonderd oor die aangename woorde uit sy mond. “Hoe is dit moontlik?” het hulle gevra. “Is hy dan nie Josef se seun nie?”

23. Toe het Jesus gesê: “Miskien sal julle die spreekwoord vir My aanhaal: ‘Geneesheer, genees jouself’ met die bedoeling: ‘Waarom doen jy nie hier in jou tuisdorp die wonderwerke wat jy in Kapernaum gedoen het nie?’

24. Maar die waarheid is, ’n profeet word nie in sy tuisdorp aanvaar nie.

25. “Daar was sekerlik baie weduwees in Israel wat hulp nodig gehad het in Elia se tyd toe dit drie en ’n half jaar nie gereën het nie en hongersnood in die land geheers het.

26. Tog is Elia nie na enige van hulle gestuur nie, maar wel na ’n weduwee in Sarfat – ’n vreemdeling in die gebied van Sidon.

27. Of dink aan die profeet Elisa wat Naäman die Siriër genees het, eerder as die baie mense in Israel wat aan ernstige velsiektes gely het.”

28. Toe die mense in die sinagoge dít hoor, was hulle woedend.

Lees volledige hoofstuk Lukas 4