Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 1:4-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. want ons het gehoor dat julle in Christus Jesus glo en van julle liefde vir al God se mense.

5. Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir jul­le gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus aan jul­le verkondig is.

6. Dieselfde Goeie Nuus wat julle bereik het, gaan ook oor die he­le wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei dit, net soos dit by jul­le gebeur het vanaf die dag toe julle die waar­heid oor God se genade gehoor en verstaan het.

7. Epafras, ons geliefde medewerker, het julle daar­van geleer. Sy getroue diens aan Christus is in julle belang.

8. Dit is hý wat ons vertel het van die lief­de wat die Gees in julle bewerk het.

9. Van die dag af wat ons dít oor julle gehoor het, hou ons daarom nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy gees­te­like wysheid en insig aan julle sal gee so­dat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê.

10. Ons bid ook dat julle leefstyl tot eer van die Here sal wees om Hom te behaag deurdat jul­le lewe vol goeie werke sal wees en dat julle God al hoe beter sal leer ken.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 1