Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 1:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierdie brief kom van Paulus wat deur God gekies is om ’n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Timoteus skryf hierdie brief saam met my.

2. Ons skryf aan God se mense in Ko­los­se, gelowi­ge broers en susters wat aan God verbonde is. Mag die ge­nade en vre­de van God ons Vader met julle wees.

3. In al ons gebede dank ons God, die Va­der van ons Here Jesus Christus, vir julle,

4. want ons het gehoor dat julle in Christus Jesus glo en van julle liefde vir al God se mense.

5. Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir jul­le gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus aan jul­le verkondig is.

6. Dieselfde Goeie Nuus wat julle bereik het, gaan ook oor die he­le wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei dit, net soos dit by jul­le gebeur het vanaf die dag toe julle die waar­heid oor God se genade gehoor en verstaan het.

7. Epafras, ons geliefde medewerker, het julle daar­van geleer. Sy getroue diens aan Christus is in julle belang.

8. Dit is hý wat ons vertel het van die lief­de wat die Gees in julle bewerk het.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 1