Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 1:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Vroeër het God dikwels en op baie maniere deur die profete met ons voorvaders gepraat.

2. Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak.

3. Die Seun weerkaats God se heerlikheid, en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. Deur sy magtige bevel hou Hy die ganse heelal in stand. Nadat Hy gesterf het om ons van sondes te reinig, het Hy die posisie van eer en mag aan die regterhand van God ingeneem – dié God so vol majesteit wat in die hemel woon.

4. Jesus Christus is oneindig groter as die engele, net soos die erenaam van Seun wat Hy gekry het, baie heerliker is as dié van die engele.

5. God het tog nooit vir enige engel gesê wat Hy vir Jesus gesê het nie:“Jy is my Seun.Vandag het Ek jou Vader geword.”Op ’n ander plek sê God weer:“Ek sal sy Vader wees,en Hy sal my Seun wees.”

6. En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy:“En laat al die engele van God Hom aanbid.”

7. God sê van die engele:“Hy verander sy engele in stormwinde,sy dienaars in vuurvlamme.”

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 1