Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 2:6-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklouaan die Goddelikheid wat Hom toekom nie,

7. maar Hy het dit prysgegee: Hy het ’n slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het,

8. het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toegehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe!

9. Daarom het God Hom ooktot die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke ander naam.

10. Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naamelke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig,

11. en elke tong sal bely:“Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word!

12. My geliefdes, julle was altyd baie gehoorsaam toe ek by julle was. Noudat ek weg is, moet julle nog meer gehoorsaam wees. Vol ontsag en eerbied vir God moet julle voortgaan om aan julle verlossing gestalte te gee.

13. Dis mos God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê!

14. Doen alles sonder kla of teëpraat.

15. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre

16. deur noukeurig te leef volgens die boodskap wat tot die lewe lei. Dan, wanneer Christus terugkom, sal ek tevrede wees dat ek nie verniet gejaag en geswoeg het nie.

17. Selfs al word my lewe soos ’n drankoffer uitgegiet bo-op die offer van julle gelowige diens aan God, is ek bly daaroor en wil ek saam met julle almal bly wees daaroor.

18. Laat my vreugde hieroor ook julle vreugde wees!

19. Ek hoop om, as die Here Jesus wil, binnekort vir Timoteus na julle toe te stuur. Dit sal my goeddoen as ek weet hoe dit met julle gaan.

20. Ek beskou Timoteus immers as die enigste persoon wat met ’n opregte gesindheid aan julle belange aandag sal gee.

21. Al die ander soek net hulle eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie.

22. Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het. Soos ’n seun sy pa help, het hy saam met my gewerk om die Goeie Nuus uit te dra.

Lees volledige hoofstuk Filippense 2