Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 9:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Watter soldaat moet ooit vir sy eie uitgawes betaal? Het julle al ooit van iemand gehoor wat ’n wingerd plant, maar hy het nie die reg om van die druiwe te eet nie? Wie pas ’n trop vee op en mag nie van die melk drink nie?

8. En dis nie ’n bloot menslike opinie nie. Sê die wet nie ook dieselfde nie?

9. In die wet van Moses staan daar tog geskrywe: “Moenie ’n os wat graan dors, verhinder om te vreet nie.” Dink julle God was net oor die osse begaan?

10. Het Hy dit nie nog eerder met die oog op ons gesê nie? Natuurlik. Want net soos arbeiders wat die lande ploeg en die graan dors, met reg ’n deel van die oes kan verwag, so behoort werkers vir die Here ook versorg te word deur dié onder wie hulle werk.

11. Ons het goeie geestelike saad onder julle gesaai. Is dit dan te veel gevra om op ons beurt stoflike versorging van julle te “oes”?

12. As julle ander ondersteun wat by julle optree, kom dit ons dan nie nog meer toe nie? En tog het ons nie van hierdie reg gebruik gemaak nie! Ons sal dit eerder verduur as om die Goeie Nuus oor Christus in enige opsig te benadeel.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 9