Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 9:15-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. En tog het ek in geen opsig daarvan gebruik gemaak nie. Ek skryf hierdie dinge ook nie om te suggereer dat dit nou met my moet gebeur nie. Om die waarheid te sê – ek sterf eerder as om my daarop te beroem dat ek die Goeie Nuus kosteloos verkondig.

16. As ek dan inderdaad die Goeie Nuus verkondig, is dit vir my geen besondere prestasie nie. Ek is verplig om dit te doen. Wee my as ek dit sou nalaat!

17. As ek dit uit vrye wil sou doen, sou ek op vergoeding kon aanspraak maak. Maar as ek dit nie uit vrye wil doen nie, dan staan die saak heeltemal anders. En dit is inderdaad die geval: God het ’n bestuurstaak aan my toevertrou.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 9