Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 8:2-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. As jy dink jy weet alles, het jy nog nie die ware kennis nie.

3. Maar as jy God liefhet, dan ken God jou en jy is vir Hom belangrik.

4. Wat dan die eet van afgodsoffervleis betref – wel, ons weet almal dat ’n wêreldse afgod eintlik een groot niks is en dat daar in werklikheid geen god is nie, behalwe die een ware God.

5. Selfs al sou daar, volgens sommige, gode in die hemel en op die aarde wees – ja, daar is inderdaad baie wat “God” en “Here” genoem word –

6. vir ons is daar net een God, naamlik ons Vader uit wie alles afkomstig is en ons lewe is op Hom gerig. En daar is net één Here, naamlik Jesus Christus deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 8