Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 6:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Wanneer een van julle ’n geskil met ’n medegelowige het, gaan julle werklik so ver om ’n sekulêre hof om ’n beslissing te vra in plaas van julle medegelowiges?

2. Besef julle dan nie dat ons Christene eendag die wêreld gaan oordeel nie? Terwyl julle dan die wêreld gaan oordeel, beskou julle julleself dan onbevoeg om selfs die kleinste ou sakies te beoordeel?

3. Besef julle nie dat ons selfs oor engele gaan oordeel nie? Behoort julle dan nie oor gewone aardse verskille te kan oordeel nie?

4. As julle sulke alledaagse geskille het, waarom laat julle buitestanders daaroor uitspraak gee – mense wat nie eers in die gemeente gerespekteer word nie?

5. Ek sê dit om julle skaam te laat kry. Is daar dan regtig niemand in julle gemeente wat oor genoeg wysheid beskik om oor geskille tussen julle te beslis nie?

6. Maar nee, as gelowiges daag julle mekaar voor die hof en dit voor ongelowige regters!

7. Bloot die feit dat julle hofsake onder mekaar het, is al klaar vir julle ’n neerlaag. Hoekom dan nie maar die onreg ly en dit daarby laat nie? Hoekom laat julle julle nie maar eerder benadeel nie?

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 6