Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 5:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Ek sal dit laat uitgaan,” verklaar יהוה-Tzva’ot, “en dit sal in die huis van die dief ingaan en in die huis van hom wat vals sweer in My Naam (Karakter en Outoriteit) en dit sal die nag binne-in daardie huis deurbring en dit verteer saam met sy balke en klippe.”

5. Toe het die boodskapper wat met my gepraat het uitgegaan en vir my gesê: “Lig nou jou oë op en kyk wat hierdie is wat uitgaan.”

6. Ek het gesê: “Wat is dit?” Hy antwoord: “Dit is die efa wat uitgaan.” Weer het hy gesê: “So lyk hulle in die hele land

7. (let op, ’n looddeksel is opgelig) en hierdie is ’n vrou wat binne-in die efa sit.”

8. Toe het hy gesê: “Hierdie is Boosheid!” Hy het haar binne-in die efa gegooi en die looddeksel op die opening gegooi.

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 5