Ou Testament

Nuwe Testament

Yo'el 2:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Soos die geluid van waens spring hulle op die bergtoppe, soos die geknetter van ’n vlam wat die kaf verteer, soos ’n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.

6. Die volke is in angs voor hom; alle gesigte verbleek.

7. Hulle hardloop soos magtige manne, hulle klim die muur soos soldate en elkeen marsjeer in lyn en wyk nie af van hulle pad nie.

8. Hulle druk nie teen mekaar aan nie, elkeen marsjeer op sy pad; wanneer hulle deur die verdediging bars, breek hulle nie formasie nie.

9. Hulle storm af op die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise in, hulle gaan deur die vensters in soos ’n dief.Mar 13:25

10. Die aarde skud voor hulle, die hemele bewe; die son en die maan word donker en die sterre verloor hulle glans.

11. יהוה verhef Sy stem voor Sy leërmag uit; Sy kamp is waarlik baie groot, want hy wat Sy woord uitvoer, is sterk. Die dag van יהוה is waarlik groot en uitermate ontsagwekkend en wie kan dit verdra?

12. “Tog, selfs nou,” verklaar יהוה, “draai terug na My toe met jou hele verstand, wil en emosie en met vas, met gehuil en met rou

13. en skeur julle verstand, wil en emosie en nie julle klere nie en wees berouvol oor boosheid.” Draai nou terug na יהוה, julle God, want Hy is goedgunstig en het liefdevolle omgee, stadig om kwaad te word en is oorvloedig in liefdevolle goedheid.

14. Wie weet of Hy nie weer sal draai en berou en ’n seën agter Hom sal laat nie, selfs ’n graanoffer en ’n drankoffer aan יהוה, julle God?

15. Blaas ’n ramshoring in Tziyon, sonder ’n vas af, verklaar ’n ernstige byeenkoms,

16. maak die volk bymekaar, sonder die gemeente af, vergader die oudstes, maak die kinders en die suigelinge bymekaar! Laat die bruidegom uit sy kamer uitkom en die bruid uit haar kamer.

Lees volledige hoofstuk Yo'el 2