Ou Testament

Nuwe Testament

Yo'el 2:24-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Die dorsvloere sal vol graan wees en die vate sal oorloop met die nuwe wyn en olie.

25. “Dan sal Ek vir julle opmaak vir die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die knaagsprinkaan geëet het, My groot leërmag wat Ek onder julle gestuur het.

26. Julle sal oorvloedig hê om te eet en versadig wees en die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, julle God, prys wat wonderbaarlik met julle gehandel het; dan sal My volk nooit beskaamd word nie.

27. So sal julle weet dat Ek tussen Yisra’el is en dat Ek יהוה, julle God, is en daar is geen ander nie en My volk sal nooit beskaamd word nie.Hand 2:1-4

28. Dit sal gebeur na hierdie dat Ek My Gees sal uitstort op die hele mensdom en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense sal drome droom en julle jongmanne sal visioene sien.

29. Selfs op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae My Gees uitstort.

30. Ek sal wonders in die lug vertoon en op die aarde: bloed, vuur en pilare van rook.Luk 21:25

31. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en ontsagwekkende dag van יהוה kom.Rom 10:13 want op die berg Tziyon en in Yerushalayim sal daar bevryding wees, soos יהוה gesê het aan die oorgeblewenes wat יהוה geroep het,`Ov 1:17

32. Dit sal gebeur dat elkeen wat die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה aanroep, bevry sal word,Yeg 39:25-29

Lees volledige hoofstuk Yo'el 2