Ou Testament

Nuwe Testament

Yo'el 2:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Blaas ’n ramshoring in Tziyon, sonder ’n vas af, verklaar ’n ernstige byeenkoms,

16. maak die volk bymekaar, sonder die gemeente af, vergader die oudstes, maak die kinders en die suigelinge bymekaar! Laat die bruidegom uit sy kamer uitkom en die bruid uit haar kamer.

17. Laat die priesters, die bedienaars van יהוה, tussen die stoep en die altaar huil en laat hulle sê: “O יהוה, spaar U volk en maak nie van U erfenis ’n bespotting, ’n bywoord onder die nasies nie. Waarom sou hulle onder die volke sê: ‘Waar is hulle God?’”

18. Dan sal יהוה ywerig wees vir Sy land en jammer wees vir Sy volk.

19. יהוה sal antwoord en vir Sy volk sê: “Let op, Ek gaan vir julle graan, nuwe wyn en olie stuur en julle sal ten volle daardeur versadig word en Ek sal julle nooit weer ’n voorwerp van spot maak onder die nasies nie,

20. maar Ek sal die leërmag vanuit die noorde ver van julle af verwyder en Ek sal dit in ’n geskroeide en verlate land indryf; sy voorhoede in die oostelike see en sy agterhoede in die westelike see. Sy stank sal opstyg en sy slegte reuk opkom, want dit het groot dinge gedoen.”

21. Moenie bang wees nie, o land, swaai in die rondte van vreugde en wees bly, want יהוה het groot dinge gedoen!

22. Moenie bang wees nie, diere van die veld, want die weivelde van die wildernis het groen geword, want die bome het hulle vrugte gedra, die vyeboom en die wingerdstok het ten volle gelewer!Deut 11:14; Yir 5:24

23. Swaai in die rondte van vreugde, o seuns van Tziyon en wees bly in יהוה, julle God, want Hy het vir julle die vroeë reëns gegee as julle onskuldig verklaring en die reën vir julle laat val, die vroeë en die laat reëns, net soos voorheen.

24. Die dorsvloere sal vol graan wees en die vate sal oorloop met die nuwe wyn en olie.

25. “Dan sal Ek vir julle opmaak vir die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die knaagsprinkaan geëet het, My groot leërmag wat Ek onder julle gestuur het.

26. Julle sal oorvloedig hê om te eet en versadig wees en die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, julle God, prys wat wonderbaarlik met julle gehandel het; dan sal My volk nooit beskaamd word nie.

Lees volledige hoofstuk Yo'el 2