Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 6:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Vlug na veiligheid, seuns van Binyamin, uit Yerushalayim uit! Blaas nou die ramshoring in T’koa en lig ’n teken op oor Beit-Hakkerem, want boosheid en ’n groot verwoesting kyk af vanuit die Noorde.

2. Die aantreklike en fyn een, die dogter van Tziyon, sal ek afsny.

3. Herders met hulle troppe sal na haar toe kom; hulle sal tente rondom haar opslaan, hulle sal elkeen op hulle plek wei.

4. Berei die oorlog voor teen haar; staan op en laat ons aanval teen die middag! Wee ons, want die dag gaan verby, want die aandskaduwees word langer!

5. Staan op en laat ons aanval in die nag en haar paleise verwoes,”

6. want so sê יהוה-Tzva’ot: “Kap haar bome af en gooi ’n verskansing op teen Yerushalayim. Hierdie is die stad wat gestraf moet word, waar binne net onderdrukking is.

7. Soos ’n put sy water vars hou, so hou sy haar boosheid vars. Geweld en verwoesting word in haar gehoor, siekte en wonde is altyd voor My.

8. Wees gewaarsku, o Yerushalayim, of Ek sal van jou vervreemd word en jou ’n verlatenheid maak, ’n onbewoonde land.”

9. So sê יהוה-Tzva’ot: “Hulle sal die wat oorbly van Yisra’el skoon afoes soos ’n wingerdstok; gaan weer met jou hand oor die takke soos ’n druiwesnyer!”Hand 7:51 Luister, die woord van יהוה het vir hulle ’n berisping geword; hulle het geen behae daarin nie,

10. Met wie sal ek praat en hulle waarsku dat hulle kan hoor? Let op, hulle ore is toe en hulle kan nie luister nie.

11. maar ek is vol van die toorn van יהוה; ek is moeg daarvan om dit in te hou. “Giet dit uit oor die seuns op die straat en oor die vergadering van jongmanne, want beide man en vrou sal gevat word, die grysaard en die baie oues.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 6