Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 51:42-53 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

42. Die see het opgekom oor Bavel, sy is verswelg in sy geweldige golwe.

43. Haar stede het ’n voorwerp van verskrikking geword, ’n geskroeide land en ’n woestyn; ’n land waarin niemand bly nie en waardeur geen seun van ’n mens verbygaan nie.

44. Ek sal Bel in Bavel straf en maak dat wat hy ingesluk het uit sy mond uit kom en die nasies sal nie meer na hom toe stroom nie. Selfs die muur van Bavel het omgeval!

45. Gaan uit haar uit, My volk en red elkeen homself van die vreeslike woede van יהוה!

46. Nou, sodat julle binneste nie swak word nie en julle nie bang is vir die verslag wat in die land gehoor sal word nie, want die verslag sal die een jaar kom en daarna ’n ander verslag in ’n ander jaar en daar sal geweld wees in die land, met heerser teen heerser;

47. daarom, let op, daar kom dae dat Ek die afgode van Bavel sal straf en haar hele land sal beskaamd staan en al haar gesneuweldes sal in haar midde val,

48. dan sal die hemel en aarde en alles wat daarin is uitroep van vreugde oor Bavel, want die verwoesters sal oor haar kom uit die noorde,” verklaar יהוה.

49. Inderdaad sal die gesneuweldes van Yisra’el in Bavel val en die gesneuweldes van Bavel oor die hele aarde.

50. Julle wat die swaard vrygespring het, gaan weg, moenie bly nie! Onthou יהוה van ver af en hou Yerushalayim in jou gedagtes!

51. Ons is skaam, want ons het bespotting gehoor; skande het ons gesigte bedek, want vreemdes het die Afgesonderde Plekke van die huis van יהוה ingegaan.

52. “Let daarom op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer Ek haar afgode sal straf en die dodelik gewondes sal reg deur haar hele land kerm.

53. Al sou Bavel na die hemel opgaan en al sou sy haar hoë vesting versterk, sal verwoesters van My na haar toe afkom,” verklaar יהוה.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 51