Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 51:36-48 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

36. יהוה sê daarom: “Let op, Ek sal jou saak verdedig en volle wraak vir jou kry en Ek sal haar see opdroog en haar fonteine droog maak.

37. Bavel sal ’n puinhoop word, ’n lêplek van jakkalse, ’n voorwerp van verskrikking en bespotting, sonder inwoners.

38. Hulle sal saam brul soos jong leeus, grom soos leeuwelpies.

39. Wanneer hulle opgewarm is, sal Ek hulle feesmaal bedien en hulle dronk maak dat hulle uitgelate word en ’n ewige slaap kan slaap en nie wakker word nie,” verklaar יהוה.

40. “Ek sal hulle afbring soos lammers om geslag te word, soos ramme saam met bokramme.

41. Hoe is Sheshakh ingeneem en die lofprysing van die hele aarde verower! Hoe het Bavel ’n voorwerp van verskrikking geword onder die nasies!

42. Die see het opgekom oor Bavel, sy is verswelg in sy geweldige golwe.

43. Haar stede het ’n voorwerp van verskrikking geword, ’n geskroeide land en ’n woestyn; ’n land waarin niemand bly nie en waardeur geen seun van ’n mens verbygaan nie.

44. Ek sal Bel in Bavel straf en maak dat wat hy ingesluk het uit sy mond uit kom en die nasies sal nie meer na hom toe stroom nie. Selfs die muur van Bavel het omgeval!

45. Gaan uit haar uit, My volk en red elkeen homself van die vreeslike woede van יהוה!

46. Nou, sodat julle binneste nie swak word nie en julle nie bang is vir die verslag wat in die land gehoor sal word nie, want die verslag sal die een jaar kom en daarna ’n ander verslag in ’n ander jaar en daar sal geweld wees in die land, met heerser teen heerser;

47. daarom, let op, daar kom dae dat Ek die afgode van Bavel sal straf en haar hele land sal beskaamd staan en al haar gesneuweldes sal in haar midde val,

48. dan sal die hemel en aarde en alles wat daarin is uitroep van vreugde oor Bavel, want die verwoesters sal oor haar kom uit die noorde,” verklaar יהוה.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 51