Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 48:45-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

45. “In die skadu van Heshbon staan die vlugtelinge sonder krag, want ’n vuur het uitgegaan uit Heshbon en ’n vlam vanuit Sigon en dit het die voorkop van Mo’av en die skedel van die oproermakers verteer.

46. Wee jou, Mo’av! Die mense van K’mosh is dood, want jou seuns is weggevat as gevangenes en jou dogters in gevangeskap.

47. Tog sal Ek die welstand van Mo’av in die laaste dae herstel,” verklaar יהוה. Tot sover die oordeel oor Mo’av.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 48