Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 48:38-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

38. Op al die dakke van Mo’av en oral in sy strate is rouklag, want Ek het Mo’av stukkend gebreek soos ’n onbegeerlike houer,” verklaar יהוה.

39. “Hoe stukkend gebreek is dit! Hulle het gehuil. Hoe het Mo’av sy rug gedraai; hy is skaam! So sal Mo’av vir almal wat rondom hom is, ’n bespotting en ’n voorwerp van verskrikking word,”

40. want so sê יהוה: “Let op, een sal vlieg soos ’n arend en sy vlerke teen Mo’av uitsprei.

41. Die stede is ingeneem en die vestings is verower; so sal die binneste van die magtige manne van Mo’av op dié dag wees soos die binneste van ’n vrou in kraam.

42. Mo’av sal vernietig word sodat hy geen volk meer is nie omdat hy arrogant geword het teen יהוה.

43. Verskrikking, die put en die strik kom oor jou, o inwoner van Mo’av,” verklaar יהוה.

44. “Die een wat vlug vir die verskrikking sal in die put val en hy wat opklim uit die put uit, sal gevang word in die strik, want Ek sal oor haar, oor Mo’av, die jaar van hulle straf bring,” verklaar יהוה.

45. “In die skadu van Heshbon staan die vlugtelinge sonder krag, want ’n vuur het uitgegaan uit Heshbon en ’n vlam vanuit Sigon en dit het die voorkop van Mo’av en die skedel van die oproermakers verteer.

46. Wee jou, Mo’av! Die mense van K’mosh is dood, want jou seuns is weggevat as gevangenes en jou dogters in gevangeskap.

47. Tog sal Ek die welstand van Mo’av in die laaste dae herstel,” verklaar יהוה. Tot sover die oordeel oor Mo’av.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 48