Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 46:18-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. So waar as wat Ek leef,” verklaar die Koning, Wie se Naam (Karakter en Outoriteit) יהוה-Tzva’ot is, “daar sal sekerlik een kom wat soos Tavor onder die berge is en soos Karmel by die see.

19. Maak jou bagasie gereed vir ballingskap, o dogter wat in Mitzrayim bly, want Memfis (Nof) sal ’n verlatenheid word; dit sal selfs afgebrand word en ontneem wees van inwoners.

20. Mitzrayim is ’n pragtige vers; ’n steekvlieg kom egter vanaf die noorde; dit kom!

21. Ook haar huurtroepe in haar midde is soos vetgemaakte kalwers, want selfs hulle het ook omgedraai en saam gevlug; hulle het nie vas bly staan nie, want die dag van hulle katastrofe het oor hulle gekom, die tyd van hulle straf.

22. Sy geluid het voortbeweeg soos die van ’n slang, want hulle het aanbeweeg soos ’n leërmag en kom na hom toe as houtkappers met byle.

23. Hulle kap haar bos om,” verklaar יהוה; “dit sal sekerlik nie gevind word nie, alhoewel hulle nou meer is as sprinkane en sonder getal.

24. Die dogter van Mitzrayim is tot skande gemaak; oorgegee aan die krag van die volk uit die noorde.”

25. יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el, sê: “Let op, Ek gaan Amon van No (Thebes), Farao en Mitzrayim saam met sy gode en sy konings, selfs Farao en die wat op hom vertrou, straf.

26. Ek sal hulle oorgee aan die krag van die wat hulle lewe soek en in die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel en in die hand van sy amptenare. Daarna egter, sal dit bewoon word soos in die ou dae,” verklaar יהוה.

27. Wat jou egter betref, o Ya’akov My dienskneg, moenie vrees of ontsteld wees nie, o Yisra’el, want kyk, Ek gaan jou red van ver af en jou nageslag uit die land van hulle gevangeskap en Ya’akov sal teruggaan en onversteurd en veilig wees, met niemand wat hom laat bewe nie.

28. O, Ya’akov, My dienskneg, moenie vrees nie,” verklaar יהוה, “want Ek is by jou, want Ek sal ’n volledige einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; tog sal Ek nie ’n volledige einde aan jou maak nie, maar Ek sal jou behoorlik tugtig en jou geensins ongestraf laat bly nie.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 46