Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 44:3-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. weens hulle boosheid wat hulle gedoen het, om My te tart tot woede deur aan te hou om offers te brand en ander gode te dien wat hulle nie geken het nie; nie hulle, julle of julle vaders nie.

4. Tog het Ek al My diensknegte, die profete, weer en weer na julle toe gestuur om te sê: “ O, moenie hierdie verwerplike ding doen wat Ek haat nie.”

5. Hulle het egter nie geluister of hulle oor gedraai om weg te draai van hul boosheid, om nie tot ander gode te offer nie;

6. daarom is My toorn en My woede uitgestort en het dit gebrand in die stede van Y’hudah en op die strate van Yerushalayim sodat hulle ’n puinhoop en ’n verlatenheid geword het soos dit vandag is.

7. Nou dan, so sê יהוה, God van die leërmagte, die God van Yisra’el: “Waarom berokken julle skade vir julself, om man en vrou, kind en suigeling uit Y’hudah af te sny en vir julle niemand te laat oorbly nie,

8. deurdat julle My tart met die werke van julle hande, om vir ander gode offers te brand in die land van Mitzrayim waar julle ingaan om te bly sodat julle afgesny mag word en ’n vervloeking en smaad onder al die nasies van die aarde word?

9. Het julle die booshede van julle vaders, die booshede van die konings van Y’hudah, die booshede van hulle vroue, julle eie booshede en die booshede van julle vroue vergeet wat hulle gepleeg het in die land van Y’hudah en op die strate van Yerushalayim?

10. Hulle het egter tot vandag toe nie berouvol geword nie en ook nie gevrees nie, of in My wet en in My instellings geloop, wat Ek voor julle en jul vaders gestel het nie;’”

11. daarom, so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: ‘Let op, Ek gaan My gesig teen julle stel tot smart, selfs om die hele Y’hudah af te sny

12. en Ek sal die wat oorgebly het van Y’hudah wegvat, die wat hulle gedagtes daarop gestel het om Mitzrayim binne te gaan om daar te bly en hulle sal almal hulle einde sien in Mitzrayim; hulle sal deur die swaard val en deur hongersnood hulle einde sien. Beide groot en klein sal deur die swaard en die hongersnood sterf en hulle sal ’n vloek, ’n voorwerp van afgryse, van verwensing en van verwyt word.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 44