Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 43:4-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Yoganan, die seun van Kareag, al die bevelvoerders van die leërs en die hele volk het nie die stem van יהוה gehoorsaam om in die land van Y’hudah te bly nie,

5. maar Yoganan, die seun van Kareag en al die bevelvoerders van die leërs het almal wat oorgebly het van Y’hudah gevat, wat vanuit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land van Y’hudah te bly,

6. die manne, die vroue, die kinders, die dogters van die koning en al die mense wat N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, by G’dalyah, die seun van Agikam, die kleinseun van Shafan, gelos het saam met Yirmeyahu, die profeet en Barukh, die seun van Neriyah

7. en hulle het die land van Mitzrayim binne gegaan, want hulle het nie die stem van יהוה gehoorsaam nie en ingegaan so ver as Tagpanges.

8. Toe het die woord van יהוה tot Yirmeyahu gekom in Tagpanges en gesê:

9. “Vat groot klippe in jou hand en begrawe hulle in die klei in die steen vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagpanges is, voor die oë van sommige van die Y’hudahiete

10. en sê vir hulle: ‘So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Let op, Ek stuur en laat N’vukhadnetzar, koning van Bavel, My kneg, haal en Ek sal sy troon opstel bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het en hy sal sy skadutent daaroor uitspan.

11. Hy sal ook kom en die land van Mitzrayim slaan; die wat vir die dood bedoel is, sal oorgegee word aan die dood en wie vir gevangeskap, aan die gevangeskap en wie vir die swaard, aan die swaard!

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 43