Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 40:11-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Net so het ook al die Y’hudahiete wat in Mo’av, tussen die seuns van `Ammon, in Edom en in al die lande was, gehoor dat die koning van Bavel vir Y’hudah ’n oorblyfsel agtergelaat het en dat hy G’dalyahu, die seun van Agikam, die seun van Shafan, oor hulle aangestel het.

12. Toe het al die Jode teruggekom vanaf al die plekke waarheen hulle verdryf is en na die land van Y’hudah, na G’dalyahu, in Mitzpah gekom en hulle het groot hoeveelhede wyn en somervrugte bymekaargemaak.

13. Yoganan, die seun van Kareag en al die bevelvoerders van die leërs wat in die veld was, het na G’dalyahu, in Mitzpah, gekom

14. en vir hom gesê: “Is u wel bewus daarvan dat Ba’alis, koning van die seuns van `Ammon, vir Yishma’el, die seun van N’tanyahu, gestuur het om u lewe te neem?” G’dalyahu, die seun van Agikam, het hulle egter nie geglo nie.

15. Toe het Yoganan, die seun van Kareag, in die geheim met G’dalyahu in Mitzpah gepraat en gesê: “Laat my gaan en Yishma’el, die seun van N’tanyahu, doodmaak en niemand sal weet nie. Hoekom sou hy u lewe neem sodat al die Jode wat by u versamel is, verstrooi word en die oorblyfsel van Y’hudah tot niet gaan?”

16. G’dalyahu, die seun van Agikam, het egter vir Yoganan, die seun van Kareag gesê: “Moenie hierdie ding doen nie, want jy vertel ’n leuen oor Yishma’el.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 40