Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 39:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Yerushalayim ingeneem is in die negende jaar van Tzidkiyahu, koning van Y’hudah, in die tiende maand, het N’vukhadnetzar, die koning van Bavel, met sy hele leër na Yerushalayim gekom en dit beleër;2 Kon 25:1-3

2. in die elfde jaar van Tzidkiyahu, in die vierde maand, op die negende van die maand, is in die stad ingebreek.

3. Toe het al die amptenare van die koning van Bavel gekom en gaan sit by die Middel-Poort: Nergal-Sar’etzer, Shamgar-N’vo, Sars’khim, die hoof kamerling, NergalSar’etzer, die hoof waarsêer en al die ander amptenare van die koning van Bavel.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 39