Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 36:13-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Mikhay’hu het aan hulle die hele boodskap aangekondig wat hy gehoor het toe Barukh uit die boekrol vir al die mense gelees het.

14. Toe stuur al die amptenare vir Y’hudi, die seun van N’tanyahu, die seun van Shelemyahu, die seun van Kushi, na Barukh, met die boodskap en sê: “Vat die rol waaruit jy vir die mense gelees het in jou hand en kom.” Barukh, die seun van Neriyah, vat toe die rol in sy hand en gaan na hulle toe.

15. Hulle sê vir hom: “Sit asseblief en lees dit vir ons.” Barukh het dit vir hulle gelees.

16. Toe hulle al die woorde gehoor het, het hulle verskrik na mekaar gedraai en vir Barukh gesê: “Ons moet al hierdie woorde sekerlik aan die koning rapporteer.”

17. Hulle het vir Barukh gevra: “Vertel ons asseblief, hoe het jy al hierdie woorde neergeskryf; deur sy diktasie?”

18. Toe antwoord Barukh hulle: “Hy het al hierdie woorde aan my dikteer en ek het dit met ink op die boekrol geskryf.”

19. Toe sê die amptenare vir Barukh: “Gaan, kruip weg, jy en Yirmeyahu en laat niemand weet waar julle is nie.”

20. Hulle het na die koning in die hof gegaan, maar hulle het die rol in die kamer van Elishama, die skrywer, gebêre en al die woorde aan die koning rapporteer.

21. Toe stuur die koning vir Y’hudi om die rol te gaan haal en hy het dit gaan haal uit die kamer van Elishama, die skrywer en Y’hudi het dit vir die koning en vir al die amptenare wat by die koning staan, gelees.

22. Die koning het in die winterpaleis, in die negende maand gesit met ’n vuur in die koper pan voor hom.

23. Wanneer Y’hudi drie of vier kolomme gelees het, het die koning dit met die mes van ’n skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi wat op die koper pan was totdat die hele boekrol in die vuur op die koper pan verteer was.

24. Tog was die koning en al sy diensknegte wat al hierdie woorde gehoor het, nie bang nie en het hulle ook nie hulle klere geskeur nie.

25. Selfs al het Elnatan, D’layahu en G’maryah by die koning gepleit om nie die boekrol te verbrand nie, wou hy nie na hulle luister nie.

26. Die koning het Yeragme’el, die seun van die koning, S’rayahu, die seun van `Azri’el en Shelemyahu, die seun van `Avde’el, beveel om Barukh, die skrywer en Yirmeyahu, die profeet, te vang, maar יהוה het hulle weggesteek.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 36