Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 34:7-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. terwyl die leër van die koning van Bavel oorlog voer teen Yerushalayim en teen al die stede van Y’hudah wat oorgebly het: Lakhish en `Azekah, want hulle het alleen as versterkte stede oorgebly onder die stede van Y’hudah.

8. Die woord wat van יהוה tot Yirmeyahu gekom het nadat koning Tzidkiyahu ’n verbond gesluit het met die hele volk wat in Yerushalayim was, om vir hulle vrylating uit te roep:

9. dat elke man sy slaaf en sy slavin, ’n Hebreeuse man of Hebreeuse vrou, vry moet laat sodat niemand ’n Hebreër, sy broer, in bande sou hou nie.

10. Al die amptenare en al die mense wat die verbond aangegaan het, het gehoorsaam dat elkeen sy slaaf en sy slavin vry sou laat gaan sodat niemand hulle meer in slawerny sou hou nie; hulle het gehoorsaam en hulle vrygelaat,

11. maar later het hulle omgedraai en weer die slawe en slavinne terug gevat wat hulle vrygelaat het en hulle het hulle as slawe en slavinne onderwerp.

12. Toe het die woord van יהוה tot Yirmeyahu gekom en gesê:

13. “So sê יהוה-God van Yisra’el: ‘Ek het ’n verbond met julle vaders gesluit op die dag toe Ek hulle uit Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgebring het en gesê:Eks 21:2; Deut 15:12-18

14. “Aan die einde van sewe jaar moet elkeen van julle sy broer, die Hebreër wat aan jou verkoop is en jou ses jaar lank gedien het, vry laat weggaan; jy moet hom vry van jou af wegstuur, maar julle voorvaders het nie na My geluister of hulle oor na My gedraai nie.

15. Alhoewel júlle onlangs omgedraai het en gedoen het wat reg is in My oë, om elkeen vrylating aan sy naaste aan te kondig en julle ’n verbond gesluit het voor My Teenwoordigheid, in die huis wat na My Naam genoem is,

16. het julle tog gedraai en My Naam (Karakter en Outoriteit) onteer en elkeen het sy slaaf en sy slavin wat julle vrygelaat het volgens hulle begeerte, teruggevat en julle het hulle in onderdanigheid gebring om julle slawe en slavinne te wees;’”

17. daarom, so sê יהוה: ‘Júlle het nie na My geluister om vrylating aan te kondig, elkeen vir sy broer en vir sy naaste nie. Let op, Ek kondig ’n vrylating aan vir jou,’ verklaar יהוה, ‘tot die swaard, die pes en die hongersnood en Ek sal van julle ’n verskrikking maak vir al die koninkryke van die aarde.

18. Ek sal die manne wat My verbond oortree het, wat nie die woorde van die verbond nagekom het wat hulle voor My Teenwoordigheid gesluit het nie, toe hulle die kalf in twee stukke gesny en tussen die stukke deurgeloop het;

19. die amptenare van Y’hudah, die amptenare van Yerushalayim, die hofamptenare, die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het;

20. Ek sal hulle gee in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek en hulle lyke sal kos wees vir die voëls van die hemel en vir die wilde diere van die aarde.2 Kon 24:20-25:11

21. Tzidkiyahu, koning van Y’hudah en sy amptenare sal Ek oorgee in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek en in die hand van die leër van die koning van Bavel wat van julle af weggetrek het.

22. Let op, Ek gaan bevel gee,’ verklaar יהוה, ‘en Ek sal hulle na hierdie stad toe terugbring en hulle sal daarteen oorlog voer en dit inneem en dit met vuur verbrand en Ek sal die stede van Y’hudah ’n verlatenheid maak, sonder inwoner.’”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 34