Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 33:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. want so sê יהוה, die God van Yisra’el, met betrekking tot die huise van hierdie stad en die huise van die konings van Y’hudah wat die rowers ontwortel het deur die swaard:

5. hulle kom om te veg teen die Kasdeërs, maar dit is om die strate te vul met die lyke van mense wat Ek neergeslaan het in My woede en in My toorn, want Ek het My gesig van hierdie stad af weggedraai as gevolg van al hulle boosheid:

6. “Let op, Ek sal gesondheid en genesing bring en hulle genees en Ek sal vir hulle ’n oorvloed vrede en waarheid openbaar.

7. Ek sal die welstand van Y’hudah en die welstand van Yisra’el herstel en hulle herbou soos hul aan die begin was.

8. Ek sal hulle reinig van al hulle oortredinge waarmee hulle teen My gesondig het en Ek sal al hulle oortredinge vryspreek waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het.

9. Dit sal vir My ’n naam van vreugde, lofprysing, eer en aanbidding wees voor al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek vir hulle doen en hulle sal respekvol vrees en bewe as gevolg van al die goeie en al die vrede wat Ek vir hulle bring.’

10. So sê יהוה: ‘Daar sal weer in hierdie plek waarvan julle sê: “Dit is ’n woesteny, sonder mens en sonder dier,” in die stede van Y’hudah en op die strate van Yerushalayim wat verlate is, sonder mens, sonder inwoner en sonder dier,

11. die stem van vreugde en die stem van blydskap, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: “Bring danksegging aan יהוה-Tzva’ot, want יהוה is goed, want Sy liefdevolle goedheid is vir ewig” en van die wat ’n dankoffer bring in die huis van יהוה, gehoor word, want Ek sal die welvaart van die land herstel soos dit aan die begin was,’ sê יהוה.Luk 2:8

12. So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Daar sal weer in hierdie plek wat ’n woesteny is, sonder mens of dier en in al sy stede ’n blyplek wees vir herders wat hulle troppe laat rus.

13. In die stede van die Bergland, in die stede van die Laagland, in die stede van die Suidland, in die land van Binyamin, in die omstreke van Yerushalayim en in die stede van Y’hudah sal die troppe weer, onder die hand van die een wat hulle tel, verbygaan,’ sê יהוה.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 33